Nuus Hoogtepunte

Ons bid dat u 'n heerlike en geseënde 2014 sal beleef!

Geniet u dag.

Kontak ons!

Dankie vir elkeen van u wat inluister. Ons vertrou u geniet ons dienste.

Ons wil graag van u hoor. Wil u nie asb. vir ons epos met u besonderhede, getuienisse, gebedsversoeke of sommer net om hallo te sê?

Stuur asb 'n epos na info@lighuisweb.co.za.

Baie dankie.


Ons saai nou 24 uur per dag uit op die Internet.

U kan na geseende boodskappe en heerlike musiek luister.

Gebruik u rekenaar of selfoon om te luister wanneer u wil.

Ons is nou ook draagbaar deur op u selfoon te luister.

 

Welkom by Lede in Christus Kerk - Lighuis Gemeente se webtuiste.

Ons is 'n dinamiese Pinkster gemeente wat daarna streef om die Woord van God te gehoorsaam en uit te leef.

Ons hou dienste in die skoolsaal van Laerskool Voorpos. Die adres is Cunninghamlaan 1354 in Waverley. 'n Padkaart is bekikbaar deur die Adres keuse te kies hierbo.

Ons hou Sondae dienste in die skoolsaal (10:30 en 18:00), Saterdagaand biduur by die Pastorie en elke Woensdag aand kom elke sorggroep bymekaar in hulle onderskeie areas.

Die Kinderbediening vind plaas elke Sondag oggend om 9:00 by die skool. Daar is 'n aktiewe Jeugbediening in ons gemeente en hulle kom elke Vrydagaand om 7 uur bymekaar soos onderling gereël.

Ons sien daarna uit om u te verwelkom in ons dienste. Vir die van u wat nie die dienste kan bywoon nie, nooi ons u hartlik uit om in te skakel op die dienste deur die Radio Ligstraal opsie te kies op die keusekaart.

Stuur gerus kommentaar of navrae na ons This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it adres.

Vriendelike Groete,

Henk Bezuidenhout.

Sorggroep Kontak Inligting:

Sorggroep Area Leier Kontak Nommer
Moot Area Robert Parkin 082-905 7620
East Lynne, Silverton Erwin Neumann 083-896 2395
Wilgers en Suidelike Area Theo van Zyl 082-903 7898
Centurion SP Botha 072-660 4704
Montana, Sinoville, Magalieskruin André de Waal 084-257 8527
Hermanstad Shaun Stevens 082-507 5051
Pretoria Noord, Akasia Henk Bezuidenhout 082-497 8960


Last Updated on Saturday, 23 August 2014 20:55